Jou 6-stap huweliksplan: vir 'n huwelik wat werk!

Welkom by Ek & Jy (dot net)!

In die Bybel lees ons van Nehemia wat die muur moes bou... Stukkie vir stukkie, baksteen vir baksteen.

Net soos ‘n muur ‘n sterk fondasie benodig om die struktuur te ondersteun, net so vereis ‘n suksesvolle huwelik ‘n soliede fondasie van vertroue, respek, en kommunikasie. ‘n Huwelik wat op ‘n sterk fondasie gebou is, kan alle uitdagings weerstaan.

Jy hoef glad nie te dink nie, ons het alles vir jou bymekaar gesit!

Dis ‘n plan wat gaan werk! Hoeveel keer het jy al ‘n dieet gevolg of ‘n oefenplan iewers op die internet gekoop? Elke keer moet jy duime vas hou dat die program gaan werk, reg? Met www.ekenjy.net is dit ANDERS. Ons weet hierdie plan gaan werk! INTIEM fokus al op huwelike sedert 2006. Dis wie is ons is. Dis wat ons doen. Dis waaroor ons passievol is, en waarvoor ons sal baklei! Dis God-gesentreerd-en-geinspireerd! Ons bid voor ons ‘n nuwe projek aanpak, of sommer net voor ons ‘n nuwe artikel skryf. www.ekenjy.net is ‘n hartsaak, nie net nog ‘n webwerf nie.

Jou PLAN bestaan uit 6 stappe. Elke stap sluit die volgende in:

  • Daaglike geestelike inspirasie
  • Elkedag oomblikke
  • Katjierie (intimiteit)
  • Feestyd (maak saam kos)
  • Kommunikasie
  • Date Nights
  • Masterclass (moeilike onderwerpe)
  • Ontdek jouself (selfsorg)
  • Podcasts
  • Respek en liefde
  • Wegbreek planne
  • Bonus links
  • En nog baie meer!

'n Stap vir Stap plan

Jy kan Maand vir Maand aansluit, of met ‘n maklike eenmalige betaling. Kies wat vir jou die beste gaan werk!

Indien jy met die eenmalige betaling aansluit, sal jy dadelik toegang hê tot al 6 Stappe se inligting. Werk daardeur op jou eie tyd! Is jy lus vir ‘n Stap per week? Doodreg! Is jy lus vir ‘n Stap per maand? Jy is welkom! Dis jou huwelik, jy bepaal jou eie skedule!

Indien jy met die maand vir maand opsie aansluit, gaan daar net een Stap per maand se inhoud vir jou beskikbaar gestel word. Na ‘n maand, unlock jy Stap 2 se inhoud. Jy sal dan toegang hê tot beide Stap 1 en Stap 2 se info. So gaan dit aan, maand vir maand.

null

'n Plan wat gaan Werk!

  • Ons fokus op liefde en respek – die twee belangrikste aspekte van ‘n Goddelike huwelik.
  • Hoe doen ons goeie gewoontes? Hoe spandeer ons kwaliteit tyd saam? Ons help jou met alles!
  • Dis ‘n stap vir stap plan – jy begin by stap 1 waar ons basiese beginsels en bespreek en weer die fondasie vir die huwelik om lê. In stap 2 bou ons op stap 1… totdat jy na stap 6 ‘n stewige, rotsgefondeerde huwelik het!
  • Ons maak dit maklik om jou huwelik goed te leef – liggaam, siel en gees!
  • Dis vir elke paartjie wat sê “My huwelik maak saak!”
  • Dis prakties. www.ekenjy.net is geskryf en gebou deur gewone mense. Mense wat al lank getroud is. Mense wat al alles verloor het en dit weer opgebou het. Kundige mense. Real people. Kenners. Mense wat saan met jou vir jou huwelik sal veg. Mense wat ja gesê het vir ‘n opdrag van God af.
  • www.ekenjy.net is ‘n BEWEGING. Dis ‘n gemeenskap. Dis vir mense wat soos ek en jy dink. Mense wat sê dat huwelike en gesinne belangrik is. Mense wat jou gaan reghelp en ondersteun as jou huwelik deur diep waters gaan.
  • Globale skeistastieke staan tans op 50% (40% is Suid Afrika) vir eerste huwelike en 67% vir tweede huwelike. Dis nie maklik nie. Maar dis lekker! Doenbaar. Haalbaar… MITS jy ‘n plan het!
  • Ons praat baie van die #coffeeculture of die #craftbeerculture… Dis tyd dat ons ‘n samelewing met ‘n huwelikskulteer begin skep! (Huwelikbly, nie Huwelikuit nie!)
  • Volg die plan, en weet, saam met gebed, kan jy alles doen! Ons gaan te gronde as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Kry die kennis! Kom journey saam met ons…
null