Huweliksrewolusie – Stap 6
Het jy dit geweet? As jy jou man gerespekteerd kan laat voel, en jy jou vrou geliefd kan laat voel, sal julle huwelik positief verander. In der waarheid – julle sal mekaar onweerstaanbaar vind. Lees dit weer.
Het jy dit geweet? As jy jou man gerespekteerd kan laat voel, en jy jou vrou geliefd kan laat voel, sal julle huwelik positief verander. In der waarheid – julle sal mekaar onweerstaanbaar vind. Lees dit weer.
Hierdie maand raak ons nog meer prakties met ‘n lys van ‘in plaas van’. Dit gaan jou help om wat jy gewoonlik sou sê, te vervang met iets wat beter werk en in lyn is met Efesiers.
Sodra ‘n man sonder liefde, en ‘n vrou sonder respek reageer, is daar konflik in die verhouding. Maak dit jou persoonlike missie om uit te vind hoe jy jou vrou kan lief hê in al die liefdestale wat daar is. Prakties. Elke dag. En vir jou as vrou, maak dit jou missie om jou man gerespekteerd te laat voel, soos jou elke dag hero, met erkenning en bewondering.
Ons praat verder oor die huweliksrewolusie... Liezel vra vir Nico 10 vrae oor wat hom gerespekteerd laat voel, en Nico vra op sy beurt vir Liezel 10 vrae oor wat haar geliefd laat voel.
Wat ‘n man die nodigste het, is respek, en wat ‘n vrou na smag, is liefde. As ‘n man gerespekteer word, voel hy geliefd. As ‘n vrou liefde ervaar, voel sy ook gerespekteerd. As jy kan slaag om hierdie te begryp, te aanvaar en uit te leef, sal julle huwelik beter wees as ooit tevore.
Ons praat verder oor die huweliksrewolusie... Sodra ons die "sirkel" van liefde en respek begin verstaan, gaan ons huwelike beslis kook!
‘n Man se kernbehoefte is respek en ‘n vrou se kernbehoefte is liefde. As ons hierdie kernbehoeftes vir mekaar aanspreek vind ons mekaar onweerstaanbaar. Dis die goeie nuus! Jy kan letterlik onweerstaanbaar wees in jou man/vrou se oë as jy hierdie beginsel, wat ons duidelik in Efesiers 5:33 kry, uitleef.
Gewoonlik moet ek eers goed sukkel voor ek die owners’ manual lees. Met ‘n paar goed, soos ‘n geel waarsku liggie in my kar, sukkel ek glad nie. Ek gaan lees dadelik in die kar se boekie, want ek weet hierdie kan moeilikheid veroorsaak. Dit maak tog sin. Die persoon wat die item gemaak het weet die beste. Vra Hom. Vra Haar.
Net so sukkel ons eers goed in ons huwelik voor ons die owners’ manual lees. Ons besef gou ons huwelik bestaan uit twee mense wat elk hul eie owners manual het en die beskrywing en instruksies verskil radikaal in die twee handleidings.