Welkom by Maand 1!

Hier onder is jou PLAN vir die maand, opgedeel in subafdelings om dit vir jou makliker te maak:

Ons begin met ‘n vinnige oorsig en vertel jou wat jy die maand kan verwag. Dan plaas ons ook jou Geestelike Plan vir die Maand vir jou. Onthou dat daar elke oggend ‘n Doudruppel gelaai word, so kom loer gou elke dag in! Jou Ek en Jy Plan vir die Maand, bevat ‘n paar onderafdelings (bv date nights, kommunikasie, katjierie ens). Sodra jy op die Plan van die Maand foto kliek, sal jy al daardie subafdelings sien. Jou Masterclass is ‘n belangrike onderwerp wat ons aanspreek – maak seker jy kyk elke maand hier! Dan sluit ons af met ‘n paar podcasts en storietyd!

Indien jy op jou rekenaar is, sal jy aan die regterkant van jou bladsy skakels kry wat wys Maand 1 Tuisblad en Maand 1 Ek en Jy Plan. Gebruik dit om van ‘n artikel af terug te kom na jou Tuisblad (die bladsy waar jy nou is) of jou Maandplan (wat jy ook kan kry deur op die Ek en Jy Maandplan foto hieronder te kliek). Op jou selfoon sal hierdie info aan die onderkant van jou bladsy wees.

Werk stap vir stap deur jou maandplan – dis al wat nodig is!