Welkom by Maand 2!
Onthou dat Ek en Jy ‘n PLAN volg. Maak dus seker jy gaan eers deur al Maand 1 se artikels, voor jy aangaan met Maand 2.
Indien jy op jou rekenaar is, sal jy aan die regterkant van jou bladsy skakels kry wat wys Maand 1 Tuisblad en Maand 1 Ek en Jy Plan, dan ook Maand 2 Tuisblad en Maand 2 Ek en Jy Plan. Die TUISBLAD neem jou elke keer na jou hoofbladsy van daardie maand toe, terwyl jou Ek en Jy Plan jou vat na die onderafdelings van daardie maand se plan. Jy sal dit sommer vinnig gewoond raak!
Werk stap vir stap deur jou maandplan – dis al wat nodig is!