Kliek op enige van die vrae hieronder om meer info oor daardie spesifieke onderwerp te sien. Vir enige vrae wat ons nie hier beantwoord nie, kontak ons gerus.

ALGENEME VRAE

Wat is Ek en Jy (dot net)?

Ek en Jy (dot net) is ‘n subskripsieprogram vir jou huwelik

Wie is die span agter Ek en Jy (dot net)?

INTIEM Tydskrif is die eerste keer in 2006 gepubliseer. Daarna was daar meer as 100 uitgawes op die rakke, voordat INTIEM in 2018 hul naam verander het na INTIEM Huwelik en 100% ‘n digitale platform geword het. Ek en Jy (dot net) is ‘n INTIEM produk en word deur dieselfde span aan jou gebring.

Wat kan ek verwag van Ek en Jy (dot net)?

‘n Maand tot maand plan vir jou huwelik. Raad, daad, idees, wenke en planne. Ons het al die dinkwerk reeds gedoen, en dit vir jou saamgestel in maklike artikels en videos, wat jy per kategorie kan ondersoek en ontdek.

Is Ek en Jy (dot net) 'n kursus?

Ek en Jy (dot net) is nie ‘n kursus wat jy moet volg nie en daar is geen huiswerk nie… Dis artikels en videos met raad, idees, voorstelle, planne en BAIE lekkerte… opgedeel in afdelings soos kommunikasie, date nights, bedpred, reisplanne, en baie meer.

Hoe werk die toegang tot die inligting?

Wanneer jy aansluit begin jy by Maand 1 se inhoud. Jy sal dadelik toegang hê tot al die inligting. Na ‘n maand, unlock jy Maand 2 se inhoud. Jy sal dan toegang hê tot beide Maand 1 en Maand 2 se info. So gaan dit aan, maand vir maand. Elke maand laai ons nuwe artikels en videos in die onderskeie afdelings.

Moet ek en my maat albei aansluit?

Ons kan dit die beste verduidelik met Netflix of Showmax as ‘n voorbeeld. Indien Jannie by Netflix/Showmax inteken met sy epos adres, kan sy vrou en sy kinders ook inlog op sy profiel, mits hulle sy gebruikersnaam en wagwoord het. Maar slegs Jannie gaan eposse van Netflix/Showmax ontvang indien daar korrespondensie uitgestuur moet word. Ek en Jy (dot net) werk dieselfde. Die persoon wat inteken gaan die eposse ontvang en ons kan ongelukkig nie nog ‘n adres laai nie. Indien beide manlief en vroulief dus notification eposse soek, moet albei ‘n lidmaatskap koop. Maar dis regtig nie nodig nie. Al die inhoud is op die webwerf beskikbaar, die eposse is net nog ‘n addisionele bonus.

LIDMAATSKAP VRAE

Is dit gratis?

Ek en Jy (dot net) is ‘n subskripsiepgrogram. Daar is ‘n fooi van R99 per maand by betrokke. Jy betaal egter eers ‘n registrasiefooi van SLEGS R5. Dan het jy vir 2 weke volle toegang tot alles op die webwerf. Indien jy na 2 weke wil voortgaan, tree die R99 per maand in werking. Indien jy nie wil voortgaan nie, kanselleer jy bloot jou lidmaatskap en jy sal geen fooie verder betaal nie. (Net die R5 wat jy reeds betaal het).

Wat sluit die Ek en Jy (dot net) lidmaatskap in?

Ons het al die belangrikste kwessies van ‘n huwelik in afdelings gaan opdeel. Dit wissel van kommunikasie tot bedpret, van kosmaakidees tot vakansieplanne, van geestelike inspirasie tot moeilike kwessies, en alles tussenin. Elke maand kry jy ten minste een artikel of video per afdeling. Alle inligting is prakies. Bv, in plaas van om jou net te vertel hoe belangrik date nights is, gee ons sommer vir jou date night idees wat klaar beplan is, jy kan dit net kies en gaan doen! In plaas van om jou weer ‘n lesing in kommunikasie te gee, gee ons jou sommer gratis toegang tot ons KKVR kommunikasie geheime…

Is daar 'n langtermyn kontrak vir lidmaatskap?

Glad nie. Jou verpligting is maand tot maand. Indien jy op enige tyd vir enige rede nie wil voortgaan nie, kliek jy bloot die CANCEL knoppie, en jou volgende betaling sal nie afgetrek word nie.

Wat behels die verskillende lidmaatskap planne?

Ons het 2 planne. Die VIP plan gee jou toegang tot al die inhoud op ekenjy.net. Dis jou volledige huweliksplan. Die Doudruppel plan stuur elke oggend vir jou ‘n boodskap van die dag, net soos die Doudruppel wat elke oggend op INTIEM se Facebook blad was. Belangrik: Die VIP pakket sluit reeds die Doudruppel Pakket in, jy hoef nie die Doudruppel apart te koop indien jy die VIP pakket kies nie.

Kan ek per EFT betaal?

Ongelukkig nie. Aangesien ekenjy.net ‘n subskripsie program is, gebeur betaling outomaties. Ons werk deur PAYFAST, een van die beste en veiligste “payment gateways” in Suid Afrika. Hulle hanteer jou betaling veilig en maklik, en hul vereiste is ‘n VISA of MASTERCARD.

 

Payfast is a PCI DSS Level 1 Service Provider so you can be assured of peace of mind with our top notch security.