Stap 6 – Hoe wys jy liefde?
Het jy geweet dat daar 7 unieke maniere is om jou liefde te wys? Hierdie oulike toets sal jou binne 'n paar minute wys wat jou liefdesstyl is...
Het jy geweet dat daar 7 unieke maniere is om jou liefde te wys? Hierdie oulike toets sal jou binne 'n paar minute wys wat jou liefdesstyl is...
Hierdie maand doen ons ’n lekker visuele en eenvoudige toets wat jou persoonlikheid volgens ’n kleur klassifiseer, soos rooi (leier), geel (optimis), groen (versorger), of blou (analities). Dit klink so mooi in Engels: Which Hue are You?
Sê jy altyd, “Koop dit!,” al het jy nie geld nie, of hou jy daarvan om vir die groot items te spaar? Jy besef dit dalk nie, maar elke finansiële besluit wat jy maak, het 'n groot impak op jou toekoms. Hierdie Kontant of Krediet vraelys sal jou help om meer oor jou finansies te leer. Dan sal jy weet of jy net so kan aanhou, of of jy dalk veranderinge moet maak.
16 tipes persoonlikhede? Ja, regtig! Meer as 2 Miljoen mense in Suid Afrika het al hierdie toets gedoen… Nou is dit jou beurt!
Het jy al ooit gewonder hoekom jy optree soos jy optree? Hoekom jy mense op verskillende maniere behandel, of hoekom jy reageer soos jy reageer in sekere situasies? Dit het met jou gifts te doen. Nee, nee, ons deel nie nou geskenke uit nie… Dit verwys na eienskappe waarmee jy geseën is en is dalk bietjie meer van toepassing op die bediening, maar dis steeds belangrik dat jy dit in jou verhoudings identifiseer… Dit help julle om mekaar te verstaan, mekaar se bedieninge te verstaan, mekaar te ondersteun… en dan weet jy ook sommer wat om vir jou maat te bid!
Die 5 Tale van Liefde-toets is 'n konsep wat deur Gary Chapman ontwikkel is om mense te help verstaan hoe hulle en hul geliefdes liefde ontvang en uitdeel. Hier is 'n kort beskrywing van elkeen van die vyf tale van liefde: