Inhoudsopgawe – Stap 5!
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
Ons pak ons lewens op in bokse. Na 19 jaar in ons huis is daar baie goed en ook baie herhinneringe. Ek sit Saterdagoggend op die mat in die studeerkamer en werk versigtig deur die ‘Brieweboks’. Al die briewe wat ek en Nico vir mekaar geskryf het vandat ons ontmoet het tot nou. Dis wonderlik om die goue draad van liefde te sien en die moeite wat ons vir mekaar gedoen het. Die heuningpot was propvol aan die begin! Ons was smoorverlief!