Liezel en Nico se storie – Stap 2
Gryp daai koppie koffie en kom kuier saam!
Gryp daai koppie koffie en kom kuier saam!
Het jy al ooit gewonder hoekom jy optree soos jy optree? Hoekom jy mense op verskillende maniere behandel, of hoekom jy reageer soos jy reageer in sekere situasies? Dit het met jou gifts te doen. Nee, nee, ons deel nie nou geskenke uit nie… Dit verwys na eienskappe waarmee jy geseën is en is dalk bietjie meer van toepassing op die bediening, maar dis steeds belangrik dat jy dit in jou verhoudings identifiseer… Dit help julle om mekaar te verstaan, mekaar se bedieninge te verstaan, mekaar te ondersteun… en dan weet jy ook sommer wat om vir jou maat te bid!
Ons praat verder oor die huweliksrewolusie... Sodra ons die "sirkel" van liefde en respek begin verstaan, gaan ons huwelike beslis kook!
Liezel en Nico gesels oor wat date nights vir hulle beteken, en hoe belangrik dit is om by mekaar "in te check". Anders word mens soos skepe in die nag by mekaar verby...
Ek is so trots op julle dat julle hier is. Maand 2! Geluk dat julle kies om ‘n gesonde huwelik deel van ‘n gesonde leefstyl te maak!
In Maand 1 het ons oorhoofs gekyk na wat selfsorg is: Fisiese gesondheid en selfsorg, Geestelike gesondheid en selfsorg, en laastens Selfsorg en jou huwelik. Hierdie maand kyk ons na ‘n paar mites oor selfsorg, voor ons vir jou ‘n lysie gee van voorstelle wat jy hierdie maand kan probeer!
Jy en manlief droom al lank van ’n lekker vakansie op ’n tropiese eiland of ’n ekspedisie in die Amasone . Dink net wat kan die warm , klam klimaat en al daardie bedwelmende geure en kleure aan ’n verliefde paartjie met min klere doen! Wel, as julle nie Trope toe kan gaan nie, bring die Trope na jul agtertuin.
In Maand 1 het ons gekyk na: Goeie redes vir vakansie, Hoe gereeld moet ons alleen weggaan?, Julle wegbreek plan, en dan was daar 13 romantiese wegbreek plekke oor die land. Gaan terug na Maand 1 as jy enige van hierdie weer wil lees.
Die immer gewilde Marriage Capsule kursus wat honderde paartjies gehelp het die afgelope agt jaar, word hier by Ek en Jy vir die eerste keer in Afrikaans aangebied! In die volgende paar maande se Meestersklas gaan jy eerste, en gratis as deel van jou Ek en Jy subskripsie, die Marriage Capsule program kan volg. Die terugvoer van paartjies oor die jare was absolute ‘feel-good’ stories. Huwelike wat stukkend was het hulle pad terug gevind na heelheid, paartjies wat ‘n gewone huwelik gehad het en net weer ‘n bietjie woema gekort het, het nou huwelike wat oorloop van lekkerkry. Marriage Capsule is vir gewone mense. Ons hoop dat die Marriage Capsule reis baie geseend vir julle sal wees.