Kommunikasie – Stap 1

Kommunikasie klink vir my so formeel. Ek en Nico “gesels”lekker, maar as dit by ernstiger dinge kom dan “praat” ons.

Kyk net na al die voordele van goeie kommunikasie: intimiteit, passie, konneksie, sterk fondasie, vertroue, begrip, los probleme maklik op, en natuurlik liefde!

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder

Stap 1 – 5 Tale van Liefde

Die 5 Tale van Liefde-toets is 'n konsep wat deur Gary Chapman ontwikkel is om mense te help verstaan hoe hulle en hul geliefdes liefde ontvang en uitdeel. Hier is 'n kort beskrywing van elkeen van die vyf tale van liefde:

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder

Stap 1 – Die Belangrikheid van Selfsorg: Vir Jou en Jou Huwelik

Selfsorg (of selfcare soos dit dalk meer algemeen bekend is), is 'n belangrike deel van 'n gebalanseerde en gelukkige lewe. Ons lewens is besig, vol uitdagings, verpligtinge en stres, en ons gaan staan gewoonlik heel agter in die ry en vergeet om na onsself ook om te sien! Hierdie afskepery is egter baie sleg vir jou... nie net vir jou eie geestelike en fisiese gesondheid nie, maar ook vir verhoudings, en natuurlik ook jou huwelik.

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder

Resep – Kaas en Wyn vir Twee…

Hoe wonderlik sou dit nie wees as die huwelik net gegaan het oor maanligaande, ’n gekoer in die ore en satynlakens op perfekte velle nie . . . Die stuff waarvan romantiese komedies gemaak word! In realiteit is ’n huwelik veel meer alledaags en soms vaal met finansiële beplanning en allerlei administratiewe take wat gedoen móét word. Met hierdie kaas-en-wyn vir twee kan jy ’n bietjie meer kleur gee aan ’n andersins vervelige date. En natuurlik is daar die pleasure nadat die business afgehandel is . . . Berei so 'n feesmaal voor...

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder

Elke Dag Oomblikke – Stap 1

Onthou jy die Afrikaanse spreekwoord “’n Appel ‘n dag laat die Dokter wag”? Dit spreek tot goeie daaglikse gewoontes vir langtermyn voorspoed. En dis dieselfde vir so baie dinge in ons lewens. Goeie daaglikse gewoontes het ongelooflike krag vir langtermyn sukses. Dink aan “Kyk na jou Rande en die Honderde sal na hulleself kyk”. Of wat van “Beweeg meer om die vet te keer”. Net so is dit broodnodig en belangrik vir jou huwelik. Want sonder hierdie elke dag oomblikke sal julle stelselmatig uit mekaar dryf, en julle meer huismaats as huweliksmaats wees. Dink daaraan as ‘Soen elke dag, en die skeihof sal bly wag!’

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder

Romantiese Wegbreek – 1

Ons huwelik moet op sy eie tyd hê en so ook ons kinders, en gesintyd saam was nog altyd net so belangrik. Vir hierdie rede het ek en Nico dwarsdeur kinders grootmaak jare gereeld alleen weg gegaan. Die kinders was gewoonlik teleurgesteld – “Hoekom kan ons nie saam nie?” Ons antwoord was standaard dieselfde: “Ons gaan bietjie aan ons huwelik ‘werk’! Die beste geskenk wat ons vir julle kan gee is ‘n gelukkige huwelik”.

Hier is wat 'n romantiese wegbreek vir jou huwelik beteken...

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder

Katjierie (Seks in die Huwelik) – Stap 1

My vriendin vertel haar ma het kort voor haar huwelik gewaarsku: “Dis glad nie soos in die Mills and Boons boeke nie!” Dit is nogal waar! Die media het so ‘n sirkus gemaak van seksualiteit dat ons soms verward is oor wat nou ooit normaal is rondom seks. Waar pas dit in ons huwelike in? Hoe voel ons daaroor? Waar trek ons?

Hierdie afdeling van ‘Ek en Jy’ poog om julle te help om op ‘n goeie plek te kom rondom seksualiteit in julle huwelik. ‘n Plek wat vir julle werk. En ja, ‘n lekker plek waar daar ook vuurwarm passie is.

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder

Huweliksrewolusie – Stap 1

Gewoonlik moet ek eers goed sukkel voor ek die owners’ manual lees. Met ‘n paar goed, soos ‘n geel waarsku liggie in my kar, sukkel ek glad nie. Ek gaan lees dadelik in die kar se boekie, want ek weet hierdie kan moeilikheid veroorsaak. Dit maak tog sin. Die persoon wat die item gemaak het weet die beste. Vra Hom. Vra Haar.

Net so sukkel ons eers goed in ons huwelik voor ons die owners’ manual lees. Ons besef gou ons huwelik bestaan uit twee mense wat elk hul eie owners manual het en die beskrywing en instruksies verskil radikaal in die twee handleidings.

Ons weet jy is opgewonde om verder te lees! Word 'n VIP lid en kry toegang tot al die artikels!
KLIEK HIER EN SLUIT VANDAG NOG AAN
Already a member? Log in here
Lees verder