Welkom by Stap 1!
Hallo jou lekker mens! Ons is SO bly, SO dankbaar, SO...ag sommer net so opgewonde dat jy by ons aansluit vir Ek en Jy! Mooi so!
Hallo jou lekker mens! Ons is SO bly, SO dankbaar, SO...ag sommer net so opgewonde dat jy by ons aansluit vir Ek en Jy! Mooi so!
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Sonet. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners gee raad vir hierdie luisteraar: “Ek is moedeloos en moeg gevra vir aandag. Hy werk net en is heeltyd op sy foon. Ek wil sommer loop.” Watter raad is daar vir hierdie huwelik?
Ons huwelik moet op sy eie tyd hê en so ook ons kinders, en gesintyd saam was nog altyd net so belangrik. Vir hierdie rede het ek en Nico dwarsdeur kinders grootmaak jare gereeld alleen weg gegaan. Die kinders was gewoonlik teleurgesteld – “Hoekom kan ons nie saam nie?” Ons antwoord was standaard dieselfde: “Ons gaan bietjie aan ons huwelik ‘werk’! Die beste geskenk wat ons vir julle kan gee is ‘n gelukkige huwelik”.
Hier is wat 'n romantiese wegbreek vir jou huwelik beteken...
Luister na die radio onderhoud vir ons gesels oor die mosaïek van jou huwelik. Liezel van der Merwe (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Ruben en Charonike. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners gee vir ons raad: Hoe beweeg ons aan ná seerkry in ons huwelik?
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Sonet. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners gee raad vir hierdie luisteraar: “Ek is moedeloos en moeg gevra vir aandag. Hy werk net en is heeltyd op sy foon. Ek wil sommer loop.” Watter raad is daar vir hierdie huwelik?
Ontmoet vir Liezel en Nico - hierdie inleidende video sal jou 'n goeie oorsig gee oor die paartjie wat hierdie reis saam met jou aanpak...
My vriendin vertel haar ma het kort voor haar huwelik gewaarsku: “Dis glad nie soos in die Mills and Boons boeke nie!” Dit is nogal waar! Die media het so ‘n sirkus gemaak van seksualiteit dat ons soms verward is oor wat nou ooit normaal is rondom seks. Waar pas dit in ons huwelike in? Hoe voel ons daaroor? Waar trek ons?
Hierdie afdeling van ‘Ek en Jy’ poog om julle te help om op ‘n goeie plek te kom rondom seksualiteit in julle huwelik. ‘n Plek wat vir julle werk. En ja, ‘n lekker plek waar daar ook vuurwarm passie is.
Hoe wonderlik sou dit nie wees as die huwelik net gegaan het oor maanligaande, ’n gekoer in die ore en satynlakens op perfekte velle nie . . . Die stuff waarvan romantiese komedies gemaak word! In realiteit is ’n huwelik veel meer alledaags en soms vaal met finansiële beplanning en allerlei administratiewe take wat gedoen móét word. Met hierdie kaas-en-wyn vir twee kan jy ’n bietjie meer kleur gee aan ’n andersins vervelige date. En natuurlik is daar die pleasure nadat die business afgehandel is . . . Berei so 'n feesmaal voor...
Die Bybel gee nie altyd vir ons praktiese voorbeelde vir ons huwelik nie. Maar, God gee, in Sy liefde, wel die raamwerk en grense waarbinne ons huwelik kan floreer. Die huwelik is deur God gemaak, sy grense daarvoor is perfek, ideaal en die antwoord op al ons vrae.