Welkom by Stap 6!
Meeste van ons streef na ‘n goeie lewe op verskeie vlakke – werk, gesondheid, geestelik en in ons verhoudings. Sou ons eksponensieel kon verbeter as ons die regte mentor kon kry om ons te help?
Meeste van ons streef na ‘n goeie lewe op verskeie vlakke – werk, gesondheid, geestelik en in ons verhoudings. Sou ons eksponensieel kon verbeter as ons die regte mentor kon kry om ons te help?
Ons pak ons lewens op in bokse. Na 19 jaar in ons huis is daar baie goed en ook baie herhinneringe. Ek sit Saterdagoggend op die mat in die studeerkamer en werk versigtig deur die ‘Brieweboks’. Al die briewe wat ek en Nico vir mekaar geskryf het vandat ons ontmoet het tot nou. Dis wonderlik om die goue draad van liefde te sien en die moeite wat ons vir mekaar gedoen het. Die heuningpot was propvol aan die begin! Ons was smoorverlief!
Redakteursbrief Dit was ‘n vreemde nuwe tyd vir my en Nico. Ons was toe 29 jaar getroud en ons seuns uit die huis. Dit was die leë nes fase waarvan ons gelees het, maar ons voel nog glad nie oud genoeg om al daarvoor te kwalifiseer nie. Ons droom saam oor die nuwe seisoen en……...
Hoe gaan dit hierdie maand met julle? Dis Maand 3 van Ek en Jy en ek glo julle vind julle voete saam met ons. Wat my en Nico, asook die span van Ek en Jy betref, ons geniet elke oomblik saam met julle en is so bly julle is hier. Nogsteeds hier. Dis belangriker as wat julle besef.
Ons kry gereeld briewe van paartjies wat ontnugter is oor hulle huwelik. Beraders vertel dieselfde – ‘n paartjie kom verslae by hulle uit en vra - hoe het ons hier beland? Hoe het ons so uitmekaar gedryf? Dit gebeur makliker as wat jy dink
Ek is so trots op julle dat julle hier is. Maand 2! Geluk dat julle kies om ‘n gesonde huwelik deel van ‘n gesonde leefstyl te maak!
Hallo jou lekker mens! Ons is SO bly, SO dankbaar, SO...ag sommer net so opgewonde dat jy by ons aansluit vir Ek en Jy! Mooi so!
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Sonet. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners gee raad vir hierdie luisteraar: “Ek is moedeloos en moeg gevra vir aandag. Hy werk net en is heeltyd op sy foon. Ek wil sommer loop.” Watter raad is daar vir hierdie huwelik?
Hierdie maand doen ons ’n lekker visuele en eenvoudige toets wat jou persoonlikheid volgens ’n kleur klassifiseer, soos rooi (leier), geel (optimis), groen (versorger), of blou (analities). Dit klink so mooi in Engels: Which Hue are You?
In Maand 1 het ons saamgestem met Dr. John Gottman se woorde: “Communication is the lifeline of any relationship. When couples stop talking, not only does passion diminish, but intimacy also fades away. Healthy communication is essential for maintaining emotional connection and building a strong foundation of trust and understanding in marriage."
Ons het geleer wat kwaliteit kommunikasie vir jou kan beteken; wat stap nommer een is na beter kommunikasie; wat die grootste uitdaging is en ons het ‘n wenk gedeel wat alles beter maak.