Huweliksrewolusie – Stap 5
Hierdie maand raak ons nog meer prakties met ‘n lys van ‘in plaas van’. Dit gaan jou help om wat jy gewoonlik sou sê, te vervang met iets wat beter werk en in lyn is met Efesiers.
Hierdie maand raak ons nog meer prakties met ‘n lys van ‘in plaas van’. Dit gaan jou help om wat jy gewoonlik sou sê, te vervang met iets wat beter werk en in lyn is met Efesiers.
Ek het met snorkel gesien hoe die oseaan se strome jou kan wegvat van die boot sonder dat jy dit agter kom. ‘n Anker het die bootjie op een plek gehou maar vir my wat oorgelaat was aan die see se strome, was dit ‘n heel ander belewenis. Ek het een oomblik nog vir Dory bewonder en die volgende oomblik paniekerig uit die water gesoek na die boot. Gelukkig was ek nie te ver nie, en kon vinnig terug swem na veiligheid.
My ouma het altyd gesê “Die liefde is soos ‘n tuin, my kind. Julle moet genoeg tyd en aandag aan mekaar gee, en die bossies uittrek. Dan sal julle liefde so mooi en vol kleur wees soos die tuin van Eden!” Ek het haar en my oupa dit gereeld sien doen. ‘n Glasie sjerrie op die stoep of hand aan hand in die straat af loop. Hulle liefde was spesiaal en hulle het gedurig na nuwe goed gesoek om te doen. Dit was asof hulle avontuur uitgesnuffel het.