Inhoudsopgawe – Stap 1!
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
Gewoonlik moet ek eers goed sukkel voor ek die owners’ manual lees. Met ‘n paar goed, soos ‘n geel waarsku liggie in my kar, sukkel ek glad nie. Ek gaan lees dadelik in die kar se boekie, want ek weet hierdie kan moeilikheid veroorsaak. Dit maak tog sin. Die persoon wat die item gemaak het weet die beste. Vra Hom. Vra Haar.
Net so sukkel ons eers goed in ons huwelik voor ons die owners’ manual lees. Ons besef gou ons huwelik bestaan uit twee mense wat elk hul eie owners manual het en die beskrywing en instruksies verskil radikaal in die twee handleidings.
Kommunikasie klink vir my so formeel. Ek en Nico “gesels”lekker, maar as dit by ernstiger dinge kom dan “praat” ons.
Kyk net na al die voordele van goeie kommunikasie: intimiteit, passie, konneksie, sterk fondasie, vertroue, begrip, los probleme maklik op, en natuurlik liefde!
Onthou jy die Afrikaanse spreekwoord “’n Appel ‘n dag laat die Dokter wag”? Dit spreek tot goeie daaglikse gewoontes vir langtermyn voorspoed. En dis dieselfde vir so baie dinge in ons lewens. Goeie daaglikse gewoontes het ongelooflike krag vir langtermyn sukses. Dink aan “Kyk na jou Rande en die Honderde sal na hulleself kyk”. Of wat van “Beweeg meer om die vet te keer”. Net so is dit broodnodig en belangrik vir jou huwelik. Want sonder hierdie elke dag oomblikke sal julle stelselmatig uit mekaar dryf, en julle meer huismaats as huweliksmaats wees. Dink daaraan as ‘Soen elke dag, en die skeihof sal bly wag!’
Hallo daar, hier is jou Doudruppel vir vandag:
Hallo daar, hier is jou Doudruppel vir vandag:
Hallo daar, hier is jou Doudruppel vir vandag:
Hallo daar, hier is jou Doudruppel vir vandag:
Hallo daar, hier is jou Doudruppel vir vandag: