Huweliksrewolusie – Stap 2 video
Ons praat verder oor die huweliksrewolusie... Sodra ons die "sirkel" van liefde en respek begin verstaan, gaan ons huwelike beslis kook!
Ons praat verder oor die huweliksrewolusie... Sodra ons die "sirkel" van liefde en respek begin verstaan, gaan ons huwelike beslis kook!
Gryp daai koppie koffie en kom kuier saam!
Liezel en Nico gesels oor wat date nights vir hulle beteken, en hoe belangrik dit is om by mekaar "in te check". Anders word mens soos skepe in die nag by mekaar verby...
In Maand 1 het ons oorhoofs gekyk na wat selfsorg is: Fisiese gesondheid en selfsorg, Geestelike gesondheid en selfsorg, en laastens Selfsorg en jou huwelik. Hierdie maand kyk ons na ‘n paar mites oor selfsorg, voor ons vir jou ‘n lysie gee van voorstelle wat jy hierdie maand kan probeer!
Ons kry gereeld paartjies wat ons kontak, wat op soek is na goeie huweliksberaders. Ons werk gereeld saam met hierdie wonderlike mense:
Dinge het sommer gou warm geraak tussen die lakens! Ons het Interresante feite ontdek en onsself toegerus met kennis. Ook gevra wat is God se plan met seks in julle huwelik – is dit okay? En toe was dit tyd vir aksie. Gaan loer gerus weer na maand 1 as jy iets vergeet het.
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
‘n Man se kernbehoefte is respek en ‘n vrou se kernbehoefte is liefde. As ons hierdie kernbehoeftes vir mekaar aanspreek vind ons mekaar onweerstaanbaar. Dis die goeie nuus! Jy kan letterlik onweerstaanbaar wees in jou man/vrou se oë as jy hierdie beginsel, wat ons duidelik in Efesiers 5:33 kry, uitleef.
Ons het die fantastiese voordele van goeie gewoontes in ‘n huwelik ontdek en ‘n briljante metode gedeel om hierdie gewoontes te begin en vol te hou. Julle moes ook een nuwe gewoonte probeer: Die Ses-Sekonde-Soen; Oggend Koffie en Bid; Saam Eet (sonder fone); Daaglikse Check-In; of Sommerso Verrassings.