Stap 3 – Ontdek jou persoonlikheidstipe (daar is 16!)
16 tipes persoonlikhede? Ja, regtig! Meer as 2 Miljoen mense in Suid Afrika het al hierdie toets gedoen… Nou is dit jou beurt!
16 tipes persoonlikhede? Ja, regtig! Meer as 2 Miljoen mense in Suid Afrika het al hierdie toets gedoen… Nou is dit jou beurt!
Ja, elkeen van ons het ‘n verlede. Elkeen van ons het al ‘n paadjie gestap… Soms was die paadjies redelik gelyk, soms moes ons oor heuweltjies beur, en soms moes ons deur diep slote en oor groot klippe klim om te kom waar ons nou is. Jou verlede is deel van wie is jy, dit speel ‘n groot deel in die manier wat jy vandag dink en optree.
Gryp daai koppie koffie en kom kuier saam!
Wie moet die "eerste stap" neem? Moet dit altyd die man wees? Liezel vra Nico sommer reguit!
Maak hierdie maand jou eie "memory jar" vol onthou-oomblikke!
Daar is ‘n bekende voorbeeld van ‘n 9 wat op die vloer geteken is. Die man staan aan die onderkant van die 9 en sê “Dis ‘n 9”. Die vrou staan aan die bokant en sê “Dis ‘n 6”. Wie is reg? Albei! Hoe gaan hulle dit ontsyfer? Deur in mekaar se skoene te gaan staan en deur mekaar se oë te kyk. As hy omloop na haar gaan hy die 6 sien, en as sy omloop na hom gaan sy die 9 sien!
Goeie seks is ‘n goeie idee! ‘n Gesonde sekslewe is goed vir julle huwelik. As dit iets is wat julle bietjie begin afskeep het, neem ‘n tree vorentoe en vry bietjie vanaand. Bederf mekaar en ontdek weer die lekkerte van liefde. As julle op ‘n goeie plek is, probeer nuwe dinge. Waak teen ‘n roetine wat verveel soos ‘Missionary posisie op ‘n Maandag’.
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
Wat ‘n man die nodigste het, is respek, en wat ‘n vrou na smag, is liefde. As ‘n man gerespekteer word, voel hy geliefd. As ‘n vrou liefde ervaar, voel sy ook gerespekteerd. As jy kan slaag om hierdie te begryp, te aanvaar en uit te leef, sal julle huwelik beter wees as ooit tevore.