Ek kies jou!
As deel van SA Huweliksweek kuier Liezel van der Merwe by INTIEM-tydskrif en EkenJy.net se redakteur, by Pierre en Jennifer #opigeelbank om te gesels oor vanjaar se tema vir SA Huweliksweek.
As deel van SA Huweliksweek kuier Liezel van der Merwe by INTIEM-tydskrif en EkenJy.net se redakteur, by Pierre en Jennifer #opigeelbank om te gesels oor vanjaar se tema vir SA Huweliksweek.
Liezel en Nico gesels oor persepsie - wat ook soms 'n wanpersepsie is. Hoe hanteer mens dit? Om te kommunikeer sorteer soveel dinge soveel vinniger uit!
In ‘n huwelik kan die regte woorde brûe bou, maar stilte bou mure.
Hierdie maand trek ons die botteltjie ‘lube’ nader. Kry vir julle ‘n produk wat ‘n ‘massage gel/lube’ is of gebruik ‘coconut oil’ (‘n baie gewilde keuse as jy nie allergies is nie). Lubrikant staan soms sommer bekend as ‘n Libido Hupstoot Smeertjie. En dit is inderdaad so!
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
Sodra ‘n man sonder liefde, en ‘n vrou sonder respek reageer, is daar konflik in die verhouding. Maak dit jou persoonlike missie om uit te vind hoe jy jou vrou kan lief hê in al die liefdestale wat daar is. Prakties. Elke dag. En vir jou as vrou, maak dit jou missie om jou man gerespekteerd te laat voel, soos jou elke dag hero, met erkenning en bewondering.
Liezel en Nico speel die gewilde “Wie?” speletjie”- ‘n paar van die antwoorde is skreeusnaaks! Kom speel saam… Onder aan die video kry jy die vraelys vir die speletjie. Laai gerus af en print, of hou dit op jou foon of rekenaar. Hier is die dokument met vrae vir jou: KLIEK HIER EN LAAI AF……...
Goeie elke dag gewoontes in julle huwelik is ‘n goue sleutel vir ‘n gelukkige huwelik. Kweek dit. Begin vandag!
Hallo daar, hier is jou Doudruppel vir vandag: