Bonus inspirasie vir Maand 1
Ons deel graag 'n paar boeke met jou wat goud werd is vir jou bedkassie!
Ons deel graag 'n paar boeke met jou wat goud werd is vir jou bedkassie!
Kommunikasie klink vir my so formeel. Ek en Nico “gesels”lekker, maar as dit by ernstiger dinge kom dan “praat” ons.
Kyk net na al die voordele van goeie kommunikasie: intimiteit, passie, konneksie, sterk fondasie, vertroue, begrip, los probleme maklik op, en natuurlik liefde!
Die 5 Tale van Liefde-toets is 'n konsep wat deur Gary Chapman ontwikkel is om mense te help verstaan hoe hulle en hul geliefdes liefde ontvang en uitdeel. Hier is 'n kort beskrywing van elkeen van die vyf tale van liefde:
Selfsorg (of selfcare soos dit dalk meer algemeen bekend is), is 'n belangrike deel van 'n gebalanseerde en gelukkige lewe. Ons lewens is besig, vol uitdagings, verpligtinge en stres, en ons gaan staan gewoonlik heel agter in die ry en vergeet om na onsself ook om te sien! Hierdie afskepery is egter baie sleg vir jou... nie net vir jou eie geestelike en fisiese gesondheid nie, maar ook vir verhoudings, en natuurlik ook jou huwelik.
Hoe wonderlik sou dit nie wees as die huwelik net gegaan het oor maanligaande, ’n gekoer in die ore en satynlakens op perfekte velle nie . . . Die stuff waarvan romantiese komedies gemaak word! In realiteit is ’n huwelik veel meer alledaags en soms vaal met finansiële beplanning en allerlei administratiewe take wat gedoen móét word. Met hierdie kaas-en-wyn vir twee kan jy ’n bietjie meer kleur gee aan ’n andersins vervelige date. En natuurlik is daar die pleasure nadat die business afgehandel is . . . Berei so 'n feesmaal voor...
Ons vriende het drie jaar terug geskei. Ons was stom van verbasing. Na die egskeiding het die man, Steven, by ons kom braai. Ek wou verstaan hoekom dinge so verkeerd gegaan het. Ek het reguit gevra. Hy het ‘n slukkie van sy rooiwyn gevat en ernstig gesê:
Onthou jy die Afrikaanse spreekwoord “’n Appel ‘n dag laat die Dokter wag”? Dit spreek tot goeie daaglikse gewoontes vir langtermyn voorspoed. En dis dieselfde vir so baie dinge in ons lewens. Goeie daaglikse gewoontes het ongelooflike krag vir langtermyn sukses. Dink aan “Kyk na jou Rande en die Honderde sal na hulleself kyk”. Of wat van “Beweeg meer om die vet te keer”. Net so is dit broodnodig en belangrik vir jou huwelik. Want sonder hierdie elke dag oomblikke sal julle stelselmatig uit mekaar dryf, en julle meer huismaats as huweliksmaats wees. Dink daaraan as ‘Soen elke dag, en die skeihof sal bly wag!’
Ons huwelik moet op sy eie tyd hê en so ook ons kinders, en gesintyd saam was nog altyd net so belangrik. Vir hierdie rede het ek en Nico dwarsdeur kinders grootmaak jare gereeld alleen weg gegaan. Die kinders was gewoonlik teleurgesteld – “Hoekom kan ons nie saam nie?” Ons antwoord was standaard dieselfde: “Ons gaan bietjie aan ons huwelik ‘werk’! Die beste geskenk wat ons vir julle kan gee is ‘n gelukkige huwelik”.
Hier is wat 'n romantiese wegbreek vir jou huwelik beteken...
My vriendin vertel haar ma het kort voor haar huwelik gewaarsku: “Dis glad nie soos in die Mills and Boons boeke nie!” Dit is nogal waar! Die media het so ‘n sirkus gemaak van seksualiteit dat ons soms verward is oor wat nou ooit normaal is rondom seks. Waar pas dit in ons huwelike in? Hoe voel ons daaroor? Waar trek ons?
Hierdie afdeling van ‘Ek en Jy’ poog om julle te help om op ‘n goeie plek te kom rondom seksualiteit in julle huwelik. ‘n Plek wat vir julle werk. En ja, ‘n lekker plek waar daar ook vuurwarm passie is.