Welkom by Stap 2!
Ek is so trots op julle dat julle hier is. Maand 2! Geluk dat julle kies om ‘n gesonde huwelik deel van ‘n gesonde leefstyl te maak!
Ek is so trots op julle dat julle hier is. Maand 2! Geluk dat julle kies om ‘n gesonde huwelik deel van ‘n gesonde leefstyl te maak!
In Maand 1 het ons saamgestem met Dr. John Gottman se woorde: “Communication is the lifeline of any relationship. When couples stop talking, not only does passion diminish, but intimacy also fades away. Healthy communication is essential for maintaining emotional connection and building a strong foundation of trust and understanding in marriage."
Ons het geleer wat kwaliteit kommunikasie vir jou kan beteken; wat stap nommer een is na beter kommunikasie; wat die grootste uitdaging is en ons het ‘n wenk gedeel wat alles beter maak.
In Maand 1 het ons gekyk na: Goeie redes vir vakansie, Hoe gereeld moet ons alleen weggaan?, Julle wegbreek plan, en dan was daar 13 romantiese wegbreek plekke oor die land. Gaan terug na Maand 1 as jy enige van hierdie weer wil lees.
Die immer gewilde Marriage Capsule kursus wat honderde paartjies gehelp het die afgelope agt jaar, word hier by Ek en Jy vir die eerste keer in Afrikaans aangebied! In die volgende paar maande se Meestersklas gaan jy eerste, en gratis as deel van jou Ek en Jy subskripsie, die Marriage Capsule program kan volg. Die terugvoer van paartjies oor die jare was absolute ‘feel-good’ stories. Huwelike wat stukkend was het hulle pad terug gevind na heelheid, paartjies wat ‘n gewone huwelik gehad het en net weer ‘n bietjie woema gekort het, het nou huwelike wat oorloop van lekkerkry. Marriage Capsule is vir gewone mense. Ons hoop dat die Marriage Capsule reis baie geseend vir julle sal wees.
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur van INTIEM) kuier in die GROOTFM ateljee by Nina en Lise-Chris. Liezel en die INTIEM kenners gee raad vir twee luisteraars: “My man probeer sy depressie self beheer. Ek is raadop en op die punt van egskeiding…”, en “My maat wil nie meer aan ons huwelik werk nie. Wat doen ek?”. Kan hierdie huwelike gered word?
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Nina. Liezel en die INTIEM kenners gee raad vir hierdie luisteraar: “Sy raak soms moeilik en onredelik. Moet ek met haar trou?” Ons gesels oor dít wat enige ongetroude paartjie in ag moet neem voor hulle wil trou –ook goeie raad vir getroude pare!
Luister na die radio onderhoud vir ons gesels oor nog ‘n belangrike kwessie wat ons huwelike raak. Liezel van der Merwe (Redakteur van INTIEM) kuier in die GROOTFM ateljee by Ruben en Charonike. Ons gesels oor hoe om verleiding te weerstaan, gebaseer op die artikel Sensor jouself só. Kliek hier en luister direk op die INTIEM……...
Luister na die radio onderhoud vir ons gesels oor die dinge wat ons huwelike skade doen. Liezel van der Merwe (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Ruben en Charonike. Ons gesels oor twee artikels: Emosionele vs fisiese affairs, en Hang jou huwelik aan ‘n tak?
Het jy al ooit gewonder hoekom jy optree soos jy optree? Hoekom jy mense op verskillende maniere behandel, of hoekom jy reageer soos jy reageer in sekere situasies? Dit het met jou gifts te doen. Nee, nee, ons deel nie nou geskenke uit nie… Dit verwys na eienskappe waarmee jy geseën is en is dalk bietjie meer van toepassing op die bediening, maar dis steeds belangrik dat jy dit in jou verhoudings identifiseer… Dit help julle om mekaar te verstaan, mekaar se bedieninge te verstaan, mekaar te ondersteun… en dan weet jy ook sommer wat om vir jou maat te bid!