Romantiese Wegbreek – 6
Hier is 10 nuwe plekke om van te kies - Tussen Maand 1,2,3, 4, 5 en 6 is daar nou meer as 60 plekke wat julle kan gaan ontdek! Bespreek ‘n datum.
Hier is 10 nuwe plekke om van te kies - Tussen Maand 1,2,3, 4, 5 en 6 is daar nou meer as 60 plekke wat julle kan gaan ontdek! Bespreek ‘n datum.
Om vakansie te hou, of meer spesifiek om te reis, is goed vir ons. Dit verbreed ons horisonne en leer ons meer van die lewe en mense. Dit help ons ontsnap uit betonoerwoude vir kwaliteit tyd saam met geliefdes. Al jou sintuie ontwaak op ‘n reis – jy trek diep asem in en ruik die see, jy voel die growwe bas van die boom met ‘n stap deur ‘n woud, jy kyk hoe ‘n visarend sweef deur die blou lug en proe die koel water van ‘n stroom.
Deur Liezel van der Merwe “Change your space to get to a happy place” Het jy geweet dat om jou spasie te verander groot voordele inhou vir jou emosionele en geestesgesondheid? En hoe beter jy die spasie kies, hoe groter die voordele. Om saam alleen weg te gaan skep ‘n geleentheid om weer bymekaar uit……...
“Hoekom kan ons nie saamgaan nie?” het my oudste gevra. Ek kon sien hy sou graag saam wou tas pak en in die kar spring. “Dis my en pappa se spesiale saam-tyd” het ek verduidelik. “Ons gaan aan ons huwelik werk, want om ‘n gelukkige huwelik te hê is die beste geskenk wat ons vir julle kan gee. En ek belowe om iets vir jou saam te bring!”
In Maand 1 het ons gekyk na: Goeie redes vir vakansie, Hoe gereeld moet ons alleen weggaan?, Julle wegbreek plan, en dan was daar 13 romantiese wegbreek plekke oor die land. Gaan terug na Maand 1 as jy enige van hierdie weer wil lees.
Ons huwelik moet op sy eie tyd hê en so ook ons kinders, en gesintyd saam was nog altyd net so belangrik. Vir hierdie rede het ek en Nico dwarsdeur kinders grootmaak jare gereeld alleen weg gegaan. Die kinders was gewoonlik teleurgesteld – “Hoekom kan ons nie saam nie?” Ons antwoord was standaard dieselfde: “Ons gaan bietjie aan ons huwelik ‘werk’! Die beste geskenk wat ons vir julle kan gee is ‘n gelukkige huwelik”.
Hier is wat 'n romantiese wegbreek vir jou huwelik beteken...
Luister na die radio onderhoud vir ons gesels oor die mosaïek van jou huwelik. Liezel van der Merwe (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Ruben en Charonike. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners gee vir ons raad: Hoe beweeg ons aan ná seerkry in ons huwelik?
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Sonet. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners gee raad vir hierdie luisteraar: “Ek is moedeloos en moeg gevra vir aandag. Hy werk net en is heeltyd op sy foon. Ek wil sommer loop.” Watter raad is daar vir hierdie huwelik?
Hierdie module is NET vir die manne, met die doel om gesonde verhoudinge in jou huwelik aan te moedig deur ‘n duidelike begrip te skep oor hoekom liefde so belangrik is vir vrouens; en hoe ‘n man sy vrou op praktiese maniere kan liefhê, met inagneming van haar behoeftes.