Liezel en Nico se storie – Stap 4
Gryp daai koppie koffie en kom kuier saam!
Gryp daai koppie koffie en kom kuier saam!
Luister na die radio onderhoud vir ons gesels oor hierdie jaar se SA Huweliksweek. Liezel van der Merwe (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Ruben en Annelie. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Ons gesels oor 2024 se tema van SA Huweliksweek: I choose you!
Sê jy altyd, “Koop dit!,” al het jy nie geld nie, of hou jy daarvan om vir die groot items te spaar? Jy besef dit dalk nie, maar elke finansiële besluit wat jy maak, het 'n groot impak op jou toekoms. Hierdie Kontant of Krediet vraelys sal jou help om meer oor jou finansies te leer. Dan sal jy weet of jy net so kan aanhou, of of jy dalk veranderinge moet maak.
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Nina. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners antwoord ‘n luisteraarsvraag: “Ons het gedink ons is okay. Hoe het ons hier beland?” Menige paartjies kom voor dié vraag te staan…
As deel van SA Huweliksweek kuier Liezel van der Merwe by INTIEM-tydskrif en EkenJy.net se redakteur, by Pierre en Jennifer #opigeelbank om te gesels oor vanjaar se tema vir SA Huweliksweek.
Liezel en Nico deel hul Q-date vir ons in hierdie skreeusnaakse video... Kan jy raai waarvoor staan Q?
Ons praat verder oor die huweliksrewolusie... Liezel vra vir Nico 10 vrae oor wat hom gerespekteerd laat voel, en Nico vra op sy beurt vir Liezel 10 vrae oor wat haar geliefd laat voel.
So maklik... en tog so lekker!
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Nina. Liezel en die INTIEM kenners gee raad vir hierdie luisteraar: “Sy raak soms moeilik en onredelik. Moet ek met haar trou?” Ons gesels oor dít wat enige ongetroude paartjie in ag moet neem voor hulle wil trou –ook goeie raad vir getroude pare!