Kommunikasie – Stap 4 video
Liezel en Nico gesels oor persepsie - wat ook soms 'n wanpersepsie is. Hoe hanteer mens dit? Om te kommunikeer sorteer soveel dinge soveel vinniger uit!
Liezel en Nico gesels oor persepsie - wat ook soms 'n wanpersepsie is. Hoe hanteer mens dit? Om te kommunikeer sorteer soveel dinge soveel vinniger uit!
Hierdie maand fokus ons op die wanneer, waar en hoe van taai gesprekke. As julle dit reg fasiliteer gaan die hele proses sommer seepglad verloop.
Om lekker te kan gesels oor alles en nog wat is ‘n kuns wat ons die afgelope 4 maande meer van geleer het deur die KKVR kursus. Die wenke is tydloos. Maak seker julle kyk die KKVR kursus ‘n tweede keer deur. Hierdie maand fokus ons op die wanneer, waar en hoe van taai gesprekke. As julle dit reg fasiliteer gaan die hele proses sommer seepglad verloop.
In ‘n huwelik kan die regte woorde brûe bou, maar stilte bou mure.
Daar is ‘n bekende voorbeeld van ‘n 9 wat op die vloer geteken is. Die man staan aan die onderkant van die 9 en sê “Dis ‘n 9”. Die vrou staan aan die bokant en sê “Dis ‘n 6”. Wie is reg? Albei! Hoe gaan hulle dit ontsyfer? Deur in mekaar se skoene te gaan staan en deur mekaar se oë te kyk. As hy omloop na haar gaan hy die 6 sien, en as sy omloop na hom gaan sy die 9 sien!
Miskien is julle pas getroud. Miskien is julle oud getroud en is daar net mooi niks fout met jul sekslewe nie, maar julle kan doen met ’n bietjie opwinding. Miskien is alles perfek, maar ken julle mekaar op ’n intieme vlak nie so goed soos julle graag sou wou nie. Hier is ’n lekker speletjie...
Praat jy maklik oor seks? Waarvan jy meer wil hê en waarvan minder; wat jy graag wil probeer en wat dalk vir jou moeilik is? Om oor intimiteit te praat is vir baie van ons geheel en al uit ons gemaksone. Dalk omdat ons groot geword het met die gedagte dat seks tien teen een sonde is en ‘n plig is in elke huwelik. Of dalk is jy net oorweldigend skaam om daaroor te praat. Of jy wonder of daar iets fout is met jou want die groot O kom net so min en jy fake maar die meeste van die tyd.
Hierdie maand trek ons die botteltjie ‘lube’ nader. Kry vir julle ‘n produk wat ‘n ‘massage gel/lube’ is of gebruik ‘coconut oil’ (‘n baie gewilde keuse as jy nie allergies is nie). Lubrikant staan soms sommer bekend as ‘n Libido Hupstoot Smeertjie. En dit is inderdaad so!
Goeie seks is ‘n goeie idee! ‘n Gesonde sekslewe is goed vir julle huwelik. As dit iets is wat julle bietjie begin afskeep het, neem ‘n tree vorentoe en vry bietjie vanaand. Bederf mekaar en ontdek weer die lekkerte van liefde. As julle op ‘n goeie plek is, probeer nuwe dinge. Waak teen ‘n roetine wat verveel soos ‘Missionary posisie op ‘n Maandag’.