Inhoudsopgawe – Stap 4!
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
Om seker te maak jy mis niks nie, het ons vir jou 'n inhoudsopgawe van jou program saamgestel. Ons plaas dit ook as teks vir jou, ingeval jou foon of rekenaar nie PDF dokumente kan oopmaak nie.
As deel van SA Huweliksweek kuier Liezel van der Merwe by INTIEM-tydskrif en EkenJy.net se redakteur, by Pierre en Jennifer #opigeelbank om te gesels oor vanjaar se tema vir SA Huweliksweek.
Luister saam na die Radio Onderhoud. Liezel (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Doepie en Nina. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Liezel en die INTIEM kenners antwoord ‘n luisteraarsvraag: “Ons het gedink ons is okay. Hoe het ons hier beland?” Menige paartjies kom voor dié vraag te staan…
Luister na die radio onderhoud vir ons gesels oor hierdie jaar se SA Huweliksweek. Liezel van der Merwe (Redakteur) kuier in die GROOTFM ateljee by Ruben en Annelie. (Kliek in die blokkie – geen video, slegs klank.) Ons gesels oor 2024 se tema van SA Huweliksweek: I choose you!
Sodra ‘n man sonder liefde, en ‘n vrou sonder respek reageer, is daar konflik in die verhouding. Maak dit jou persoonlike missie om uit te vind hoe jy jou vrou kan lief hê in al die liefdestale wat daar is. Prakties. Elke dag. En vir jou as vrou, maak dit jou missie om jou man gerespekteerd te laat voel, soos jou elke dag hero, met erkenning en bewondering.
Wanneer date night beplan word, kyk ons dikwels vas in die ‘night’ gedeelte van die woord maar ’n laat-oggend ontbyt kan net so romanties wees! Of. . . kombineer die twee. Die kinders slaap in elk geval elders – geen rede waarom jul afspraak Vrydagaand om middernag hoef te eindig nie! Hoe lekker is dit nie om jou……...
In ‘n huwelik kan die regte woorde brûe bou, maar stilte bou mure.
Liezel en Nico gesels oor persepsie - wat ook soms 'n wanpersepsie is. Hoe hanteer mens dit? Om te kommunikeer sorteer soveel dinge soveel vinniger uit!
C, H, I en P… wat op aarde doen mens met daardie letters vir ABC date nights? Kyk Liezel en Nico se video en vind uit!