Doudruppel #51
Hallo daar, hier is jou Doudruppel vir vandag:

Egskeiding is eintlik net die finale stap in ‘n aaneenlopende, opvolgende, dag tot dag verder en verder skei van mekaar proses. Hoe besiger ons skedules raak, hoe meer is ons soos skepe in die nag, verby mekaar. Die skeiding tussen ons word groter sonder dat ons dit eers besef.
“Hoekom kan ons nie saamgaan nie?” het my oudste gevra. Ek kon sien hy sou graag saam wou tas pak en in die kar spring. “Dis my en pappa se spesiale saam-tyd” het ek verduidelik. “Ons gaan aan ons huwelik werk, want om ‘n gelukkige huwelik te hê is die beste geskenk wat ons vir julle kan gee. En ek belowe om iets vir jou saam te bring!”
Goeie seks is ‘n goeie idee! ‘n Gesonde sekslewe is goed vir julle huwelik. As dit iets is wat julle bietjie begin afskeep het, neem ‘n tree vorentoe en vry bietjie vanaand. Bederf mekaar en ontdek weer die lekkerte van liefde. As julle op ‘n goeie plek is, probeer nuwe dinge. Waak teen ‘n roetine wat verveel soos ‘Missionary posisie op ‘n Maandag’.